rising kids

Die hart van Rising Kids is om elke kind wat daar is van Jesus te leer. Elke kind te leer dat God ʼn plan met hulle lewe het, want Hy het hulle geskape. Ons rus hulle toe om self te kan bid en Bybel te lees asook om dissipels te maak. Ons leer hulle hoe belangrik aanbidding is, dat Heilige Gees binne hulle woon wanneer hulle hart vir Jesus gee en dat  daar verskillende gawes van die Gees is.

Elke Sondag 09:00

lifegroup

By Presence glo ons aan FAMILIE, en ons skep 'n geleentheid vir ons geestelike familie om as 'n fisiese familie saam te kuier, waar ons saam met mekaar God kan vertrou vir deurbraak in ons persoonlike lewens. 

young adults

Ons hart by Young Adults is om in jong volwassenes se lewe waarheid te spreek en Jesus lief te hê. ń Familie te kweek wat saam deur die verskillende stadiums van lewe gaan. Om ń ondersteuningsnetwerk te hê wat jou onvoorwaardelik lief het, jou optel in oomblikke van moedeloosheid en saam met jou mylpale vier.     

seniors

Ons seniors kom elke maand lekker bymekaar om saam rondom "senior" dinge te kuier en mekaar se geselsies te geniet om die Woord.  Hierdie bo sestigers eet ook gereeld ietsie saam om ook op so 'n wyse die lewe ten volle te geniet (so op die oudag).

KOM KUIER SAAM!! Kom kuier saam in Worship en om die Woord. Daar is altyd iets lekker om aan te knibbel saam 'n heerlike koffie en tee.    

Beloved

"I am my Beloved's and He is mine"

'n Lieflike geleentheid vir vrouens van alle ouderdomme om saam te gesels en saam te groei.  Dis 'n plek waar jy dalk as vreemdeling mag instap, maar verseker as vriendin sal uitstap.         

manne

Mansbediening is ‘n geleentheid vir manne van alle ouderdomme om te groei in jou verhouding met God en om met ander soos jy te kuier en die lewe raak te leef.   

serving disciples

God het ons geroep om Sy liefde te deel en diensbaar te wees. Hier dra ons 'n hart vir ons mense wat sukkel met verslawing, mense wat op straat beland het, en mense wat dissipelskap benodig.

Markus 10:45 - ​Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.     

gebedsessies

God het ons geroep om ‘n huis van gebed te wees. Daarom is ons in die proses om ‘n 24/7 huis van gebed te begin. Herlewing is op pad en ons moet gereed wees vir wanneer dit gebeur. Huidiglik bid ons vir 5 ure ‘n week, vir elke uur wat bygevoeg word per week het ons meer vrywilligers nodig, so word deel.
 Indien jy meer wil weet oor die gebed kom en beleef dit self.      

musiekspan

Word deel van ons ‘band’. Aanbidding is een van die plekke waar ons die naaste aan God se hart kan kom. Dit is noodsaaklik dat ons met uitnemendheid lof aan God bring. Ons weet dat daar genesing is wat plaasvind in aanbidding. 

Vir navrae : kontak Andrea Cilliers  083 4774 060    

maatskaplik

Ons Maatskaplike departement is n departement met die hart om ons familielede wat baie swaar uit te help. 

Ons bied fisiese asook geestelike ondersteuning.