Die hart van Rising Kids is om elke kind wat daar is van Jesus te leer. Elke kind te leer dat God ʼn plan met hulle lewe het, want Hy het hulle geskape. Ons rus hulle toe om self te kan bid en Bybel te lees asook om dissipels te maak. Ons leer hulle hoe belangrik aanbidding is, dat Heilige Gees binne hulle woon wanneer hulle hart vir Jesus gee en dat daar verskillende gawes van die Gees is. Elke Sondag 08:00 & 09:30, gedurende skoolvakansies en langnaweke is Rising Kids gesluit.
Indien dit die kind se eerste keer by ons is, verstaan ons dat dit nuut & vreemd is en gee ons nie om as hy/sy terug na jou toe wil gaan gedurende die diens nie. Daar sal iemand wees wat hom/haar sal vat.
Ons laat die Seniors (10j - 13j) saam die ouers in die kerk aanbid. Na die aanbidding kom hul na die Rising Kids lokaal toe waar ons dan die les vir die dag behandel.
Watsapp: 071 422 5188Email: nykie202@gmail.com
Jou bydrae stel ons instaat om ‘n groot verskil te maak in baie mense se lewens.
Presence Church FNB 62857889954