Ons seniors kom elke maand lekker bymekaar om saam rondom "senior" dinge te kuier en mekaar se geselsies te geniet om die Woord. Hierdie bo sestigers eet ook gereeld ietsie saam om ook op so 'n wyse die lewe ten volle te geniet (so op die oudag). KOM KUIER SAAM!! Kom kuier saam in Worship en om die Woord. Daar is altyd iets lekker om aan te knibbel saam 'n heerlike koffie en tee.